Deeltjie

'n Deeltjie of partikel is 'n klein fragment of hoeveelheid materie. In die fisiese wetenskappe is 'n deeltjie 'n klein gelokaliseerde voorwerp wat verskeie fisiese of chemiese eienskappe soos volume of massa kan hê.[1] Hulle wissel baie in grootte: van subatomiese deeltjies soos die elektron tot mikroskopiese deeltjies soos atome en molekules tot makroskopiese deeltjies soos poeiers en ander korrelmateriale. Deeltjies kan ook gebruik word om wetenskaplike modelle van selfs groter voorwerpe te skep, soos die beweging van mense in 'n skare.

Die term is nogal algemeen in sy betekenis, en word deur verskeie wetenskapvelde verfyn soos nodig. Iets wat uit partikels saamgestel is, kan 'n partikulaat genoem word.[2] Die term partikulaat word egter meestal gebruik om te verwys na die besoedeling in die Aarde se atmosfeer, wat 'n suspensie van onverbinde deeltjies is, eerder as 'n samevoeging van verbinde deeltjies.

  1. "Particle". AMS Glossary (in Engels). American Meteorological Society. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 Mei 2020. Besoek op 12 April 2015.
  2. Soil Mechanics. John Wiley & Sons. 1969. p. 18. ISBN 978-0-471-51192-2.

Developed by StudentB